JOIN OUR MAILING LIST


‘n Ander man se boeke is duister
Selfs al sou jy wou luister
Ons sien net bolangs raak

Bid ons genoeg?
Of beoordeel jy ook ‘n situasie
Reken gebed is hier nie nodig nie

Het jy vir haar gebid?
Vir hom, wat so gelukkig lyk?
Miskien vir die een op die hoek?

‘n Ander man se boeke is duister
Moenie hoor hoe mense fluister
Jy kry dalk die kat aan die stert beet

Wysheid kom met tyd
Wens ek kon die klok terugdraai
Spyt kom altyd te laat

Miskien is gebede nie aan tyd gekoppel nie
Hy sê Hy antwoord voor ons bid
Bid vir die toekoms en ook die verlede

‘n Ander man se boeke is duister
As jy maar net geweet het
Maar dis nie nodig nie, want Hy weet

Bid vir die mense wat Hy op jou hart lê
Vir elkeen wat wysheid nou aandui
Hy is getrou… laat Sy wil geskied

Onse Vader, laat U wil geskied
Vergewe my kortsigtigheid
Dankie dat U reeds weet

Alle regte voorbehou

Back