JOIN OUR MAILING LIST


Maria, jy was baie braaf
Met geloof van ‘n mostertsaad
Geglo dat als sou uitwerk

Anders kon dit nie
‘n Klein taak was dit beslis nie
Deel van die grootste wonderwerk

Tog sou mense na jou staar
Die moontlikheid van steniging ook daar
Steeds was jy bereid

‘n Ster spesiaal vir Hom
Hy het geweet wat kom
Die Seun was bereid

Jou hoop was groter as jou vrees
Selfs Josef in die gees
Jy, deur God gekose

Engele kore jubel en juig
Herders kom hulde betuig
Geskenke van wyse manne uit die Ooste

Miskien eerder verwagting as vrees
Om deel van die belofte te wees
Maria, baie dapper

Bereid vir die onbekende
‘n Kindjie vir die wêreld se sonde
Moeder van ons Redder

Alle regte voorbehou

Back