JOIN OUR MAILING LIST


Vir Matthew


Jy is �n regte sonstraaltjie
Lag sommer so lekker uit jou maag
Verwag nie te veel nie
Ek hoef eintlik min te doen om jou te behaag

Jou liggie skyn helder en warm
Gereed vir enige avontuur
Opgewonde oor �n klei wurm
�n Regte seën elke minuut van elke uur

Jy is �n regte sonstraaltjie
Kode geheime met jou glimlaggie
Verwag nie te veel nie
Vandag het jy �n splinternuwe vragie

Jy laat my hart sommer warm klop
Onvoorwaardelik lief
Vinnig om �n ding te kop
�n Regte ouboet vir sy sussie lief

Jy is �n regte sonstraaltjie
Lag sommer so lekker uit jou maag
Verwag nie te veel nie
Van dag een in my hart tuisgemaak

Alle regte voorbehou!

Back