JOIN OUR MAILING LIST


Almal het êrens �n leë tas
Miskien bo in �n klerekas?
Wat sou jy inpak,
as jy more sou vertrek?

Net een tas jou kwota
Wat is jy bereid om te dra?
Dis �n moeilike een
Gaan jy hieroor wroeg en kreun?

Hoe lief het jy jou goed?
Sal jy dit agterlaat as dit moet?
Ons sal almal eendag,
in die hiernamaals sonder bagasie opdaag

Jy kan niks saamneem nie
Nie eens die familiebybel nie
Is jou tas leeg of is hy vol?
Gaan jy vannag rondrol?

Dit kom neer op liefde
Het jy God met jou hele hart lief?
Sorg dan nou
dat jy jou tas leeg hou!

Alle regte voorbehou!

Back