JOIN OUR MAILING LIST


Die dood verander �n mens
Onherroeplik anders
Ek kan nie teruggaan nie

Party dae voel ek om te grens
Sommer baie pers
Maar stilstaan is ook nie �n opsie nie

Dood se letsels is onsigbaar
Tog ooglopend
Nou gaan ek maar vorentoe

Asof ek deur vreemde lense staar
Ek tas in die donker rond
En jy is eintlik net hemeltoe

Die vensters van my siel sien anders
Ek�t met die harde kant kennis gemaak
Onherroeplik verander

Die dood breek om jou soos branders
Niemand bly onaangeraak
Tog voel ek soos �n buitestaander

Sonstrale herhinner dat ek lewe
Warm rooi hier binne my
Ek het �n hoop

Hoop op ewige lewe
Daarvan kan jy ook kry
Ons is almal duurgekoop

Alle regte voorbehou!

Back