JOIN OUR MAILING LIST


Ellende, nood en stres
Oral waar ek kyk
Ek probeer my bes

My put is leeg, onthou!
Kyk, niks om te gee nie
Maar Hy is getrou

Nou hou ek maar my oë op Jesus
Bid vir genade en krag
Daarin moet ek dan berus

Maar die golwe is hoog
Onthou, hou jou oë op Jesus
Anders bly jy nie droog

Hy belowe vrede in Hom
As die ellende, nood en stres kom
Hou jou oë op Hom

My beker loop oor: GENADE
In Hom is daar oorvloed
Hy voorsien vir elke môre

Alle regte voorbehou!

Back