JOIN OUR MAILING LIST


Voor my lê ‘n kruispad
Skielik en onverwags
Die toekoms onduidelik

Watter pad moet ek vat?
Eintlik is die tekens lankal daar
Net die bordtjies nog onduidelik

Heer, gee wysheid en krag
Wys my watter een
Laat U wil geskied

Op U sal ek wag
U maak die deure oop
In my borrel ‘n lied

Dankie vir elke dag
Vir groen weivelde waarin ek rus
Dankie vir die kruising op my pad

Alle regte voorbehou

Back