JOIN OUR MAILING LIST


Dankie Jesus vir my oë, voete en hande
Vir al U wondergawes
Help my om elke oomblik te waardeer,
of ek op my berg of in my dal is -
want U is met my

Dankie vir familie en vriende
Vir sonskyn en reën, U skeppingswonders
Help my om the onthou,
of ek op my berg of in my dal is -
want U is altyd by my

Dankie vir groen weivelde
Vir broodnodige rusposes
Help my deur my regop te hou,
of ek op my berg of in my dal is -
want na waters waar rus is lei U my

Dankie vir die trane
Vir môre, nou en al die gisters
Help my om my oë op U te hou,
of ek op my berg of in my dal is -
want in ewigheid sal U dieselfde bly

Dankie my Redder en Here
Vir al die hallelujas
Help my deur my te vorm en te bou,
of ek op my berg of in my dal is -
want U is die pottebakker en ek die klei

Dankie vir U genade
Vir liefde sonder voorwaardes
Help my deur my te keer,
wanneer ek op my berg of in my dal is -
wees U met my

Alle regte voorbehou

Back