JOIN OUR MAILING LIST


Ek het genoeg drama gehad
My bestelling is vir doodgoed en goed dood
Klink dit dalk �n bietjie vervelig?

Defnitief iets waarby ons kan baat
Here gee asseblief ons daaglikse brood
Al die ander goed �n klug

Ek sien nie kans vir hierdie pad
Ek kan nie weer in die wildernis loop
Benoudheid, vasgekeer� sug

Here, sal U die beker vat?
U, my enigste hoop
Al wat ek het is �n leë put

Ek het genoeg van berge gehad
My bestelling is vir doodgoed en goed dood
Klink dit nog vir jou vervelig?

Alle regte voorbehou

Back