JOIN OUR MAILING LIST


Ek is ‘n kind van Afrika
‘n Afrikaner kind

Tog, deel van iets groter
Ek is ‘n burger van Suid Afrika

Deel van ‘n reënboog nasie
‘n Wonder sonder gelyke

‘n Afrikaan in murg en been
Jou suster gebore op Afrika bodem

Afrika Kind
Kaalvoet kind

Deurdrenk met Afrika son
Rondgewaai deur Afrika wind

Vry soos die voëltjies
Geanker soos die berge

‘n Hart hier verstrengel
My voete vierkantig op Afrika bodem

Uit Afrika stof geskape
Altyd ‘n Afrika kind

Nkosi sikelel' iAfrika
God seën Afrika

Alle regte voorbehou

Back