JOIN OUR MAILING LIST


Jy’s weg
Die deur staan oop
‘n Onwerklike werklikheid wat wink

Ek, ek wil nie uitgaan nie
Wil nie voel hoe dit voel nie
Jy’s weg

Die verlate vlakte wink
Ek sal een of ander tyd
wel daar aandoen

Net nie nou nie
Miskien more
Die verlatenheid gaan indrink

Dit deel maak van my
Sodat ek kan aanbeweeg
‘n Nuwe werklikheid wat pas, vind

Jy’s weg
Die deur staan oop
‘n Onwerklike werklikheid wat wink

Alle regte voorbehou

Back