JOIN OUR MAILING LIST


Vyftien jaar later�
En ons wonderwerk is nog nie verby nie

Voel jy al beter?
Verwag nie meer die ergste nie?

Daars nog baie wat kan verbeter
Moet my nie verkeerd verstaan nie

Tog, elke een �n wenner!
Geen bloedbad nie

Teen elke beterweter
Glad nie soos die lesse uit Afrika nie

Sommige verstaan beter
Ander het nog glad nie aanbeweeg nie

ONTHOU: Weet van beter
Die Here is nog nie klaar nie

Het jy al dankie gesê vir die wonder?
Hy sal nie een in die steek laat nie!

Nog vyftien jaar later
Hopelik sal nie een sy kop in skaamte laat sak nie

Maar dís nog baie water�
Moenie jou brûe verbrand nie

Werk saam om more te verbeter
Moenie stilstaan en terugkyk nie

HOOP: die Trooster
Ons is nie vir een oomblik alleen nie

Alle regte voorbehou

Back