JOIN OUR MAILING LIST


Vir Panther Bior, Daniel Pach en John Quinn

Die verlore seuns van Uganda
Ons verlore seuns

Hoekom verlore sou jy vra?
Die rede: oorlog � haat

Hulle het uit die dood se kloue ontsnap
Duisende kilometers ver gestap

Oor ongenaakbaarheid
Oor ander se koudheid

Verlore � vir Afrika
Geskei van hul geliefdes

Nou het hulle hierdie las wat hulle dra
Die wêreld is te laat

Lewens verwoes en uitmekaar gekap
Bloed uit �n klip getap

HOOP: Belofte van vertroosting
Vrede wat net Hy kan bring

Party sien weer hul ma
Ander wag vergeefs

Sy pa is weg, wie sal hy vra?
Trane is te laat

Nou is hulle alleen
Verlore seuns, mag God jul seën!

Alle regte voorbehou

 

Back