JOIN OUR MAILING LIST


Vir Caylee

Juweeltjie, hartedief
My boetie-dogtertjie lief

Juweeltjie, ou patroon
Ogies wat wakker droom

Juweeltjie, ons baby bokkie
Vir elke een �n drukkie

Juweeltjie, boetie se sussie
Draai ons klaar om jou pinkie

Juweeltjie, goue sterretjie
�n Regte dogtertjie met jou handsakkie

Juweeltjie, ons darling
Luister verwonderd as iemand sing

Juweeltjie, kleine juffrou
Sê tog so oulik "Hallo"

Juweeltjie, jou mamma se Beautiful
Blonde krulle - cool

Juweeltjie, liefie-lief
Ek het jou baie lief!

Alle regte voorbehou

 

Back