JOIN OUR MAILING LIST


Julle praat van oorlog
Is julle van jul sinne beroof?
Om dit enigsins te oorweeg!

Julle rede: sommer bog!
Asof die geskiedenis julle veroorloof
Hoe kan dood teen lewe opweeg?

Julle vrede se prys is te hoog!
Ons moet saamstaan en hande vat
Saam bou aan �n nuwe toekoms

Hoekom nou weer �n oog vir �n oog?
�n Goeie resep vir bloed om te spat
Te laat dan vir hoekoms

Bid vir wysheid van die Here af
Leer jul lesse uit die verlede
Moenie self jul koppe stamp

Ons almal sal betaal as straf
Oorlog die weg van dwase rede
Is julle rerig so verkramp?

Bloed wat die aarde deurweek
Is dit rerig jul wens?
Iemand se pa, ma, broer, suster, kind�dood

Liggame sonder bloed, bleek
Die gedagte laat my grens
Terwyl julle klou aan gister, jul toekoms dood

Sonder liefde, is al die dood betekenisloos
Naasteliefde, dit staan in ons Bybel
Eerder dit aangryp as oorlog!

In die dood, almal kleurloos
Uit stof gemaak, tot stof stil
Kom by! Keer hierdie bog

Ruanda, Auswitch, Bosnia, Boereoorlog�
Die lys is lank, baie dood
Hoekom nie eerder verskille begrawe?

911, Bali, Londen��n nuwe lys
�n Nuwe oorlog, die einde steeds dood
Nuwe grafte om te grawe

Alle regte voorbehou 

Back