JOIN OUR MAILING LIST


Waar is jy my Ribbetjie-ribbekas?

Ek wag vir jou…
…soos Katryntjie vir Jantjie
Eks heel…
…tog onvolledig sonder jou

Ek soek my Ribbetjie-ribbekas?

Te gemaklik met my enkelbestaan…
…hoe lank nog sal jy talm?
Sal jou eise met die tyd aanpas?
…sonder dat my hoop beskaam?

Ek mis my Ribbetjie-ribbekas?

Wonder jy ook oor jou Ribbetjie?
…miskien ken jy my alreeds?
Geskiedenis wat nog moet geskiet?
…’n ontmoeting nie ver nie?

Kom huis toe my Ribbetjie-ribbekas!

Sal jy jou arms om my vou?
…saam met my wil oud word?
Trane met my deel?
…saamlag tot ons dubbel vou?

Ek roep my Ribbetjie-ribbekas!

Hierdie verse is vir jou
…vir eendag as ons saam is
Terug dink – wat maak jy nou?
…vir lekker onthou!

Talm nog ‘n bietjie my Ribbetjie-ribbekas?

Nou wag ek maar…
…op jou, my Ribbetjie-ribbekas
Wag vir eendag op ‘n reëndag
…wanneer die Ribbetjie, haar ribbekas daar

Waar is jy my Ribbetjie-ribbekas?

Alle regte voorbehou

 

Back