JOIN OUR MAILING LIST


Ek wag al ‘n leeftyd
Wag vir wat?
Vir iemand om iets te sê
Eks moeg gewag

Wag vir iets
wat so voor die hand liggend is
Julle hoef dit nie meer te sê nie
Los dit, die Here weet mos

As jy dit half gaan doen
Los dit eerder
Moet dit nie besoedel nie
Ek is klaar gewag

Onverwags kry ek dit toe
Jy maak my dag
Tog is dit te min, te laat
Verspeelde kanse

Nog ‘n kans?
‘n Kans vir wat?
Vir ‘n halfgebakte poging?
Nee dankie, mors iemand anders se tyd!

Kyk om jou!
Mense wag tevergeefs
As jy vir mense wag
Gaan jy lank wag

Wag jy dalk ook al ‘n leeftyd?
Wag vir iemand om iets te sê
Die Here weet
Ek, wag nie meer nie

Alle regte voorbehou

Back