JOIN OUR MAILING LIST


skaam jou
ons behoort ons te skaam
geen skouer vir haar

daar staan sy toe alleen
stukkend, huil ontroosbaar
haar wêreld het in duie gestort

jy hou net aan om haar af te neem
geen medelye vir haar
wat het van ons wêreld geword?

behoort uit protes ons TV af te sit
maar ons wil sien en hoor
‘n ander man se smart

die wêreld om jou lê wit
jou mense deur ‘n golf vermoor
waar is ons hart?

gee ons regtig om
of wag jy net vir die volgende tragedie
het jy al vir haar gebid?

ons dors het ‘n som
kykertalle wat daagliks bie
wanneer sal ons die tv afsit?

al wat jy doen, is kamera vashou
jy behoort jou te skaam
Here, asseblief vertroos haar

Alle regte voorbehou 

Back