JOIN OUR MAILING LIST


soos eendjies stap ons in �n ry
Zombies by rede verby

soos Hompie Kedompie flenters
terwyl mense staar deur vensters

soos Shrek vir Fiona veg
probeer jy al is dit hoe sleg

soos Sneeuwitjie en die slegte appel
is ek vasgevang in die debakel

soos Rooikappie vra oor ouma se groot ore
wens ek net vir een oomblik jy hoor my kore

soos die Prins naarstiglik na Aspoestertjie soek
moet ek begin verf op �n nuwe doek

Here gaan my nie verby
help my om weer rus te kry

Alle regte voorbehou 

Back