JOIN OUR MAILING LIST


hoop in die plek van werklikheid
‘n weiering om die leuens te glo
ontkenning van die wêreld se feite

hoop in die plek van die onmoontlike
al wat ek moet doen is glo
in die Verlosser se waarheid

hoop in die plek van my leë put
rus en vrede uit die hand van Bo
om dit oor te gee aan Hom

hoop maak alles beter
sien is nie glo nie
al wat ek moet doen is vertrou

my hoop is op Hom
laat U wil geskied
Here gaan my nie verby nie

Alle regte voorbehou

 

Back