JOIN OUR MAILING LIST


Aan die begin,
voel dit of jy
nie asem kan kry nie.

Diep in.
Diep uit.
Niks asem nie!

Dis mos nie reg nie.
Jy is nie siek nie.
Jou Pa is siek.

Diep in.
Diep uit.
Niks asem nie!

Asof die suurstof,
skielik nie werk nie.
Niks werk nie.

Nee, eks verkeerd!
Woorde van LEWE werk;
dis al wat nog werk.

Al wat suurstof gee.
Al wat my staande hou.
Nog 'n dag oorleef...

Alle regte voorbehou
Back