JOIN OUR MAILING LIST


As iemand vermis word
Gee jy dit by die polisie aan
My Pa is weg
Kanker het hom gevat
Maar daars geen polisie kantoor vir my nie
Net leegheid

Verstaan…
Wat is verstaan regtig?
Wanneer kan jy sê jy verstaan?
Ek verstaan self nie hoekom nie.

Maar hy is nog hier.
So mense verstaan nie
As ons 'n graf gehad het,
sou hulle beter verstaan het?

Maar hy is tog nog hier
Soms, net soms lig die kanker sy sluier
Dan is my Pa weer terug
Net vir 'n oomblik
Dan weer weg

Waar meld ek hom as vermis aan?
Wie sal luister?
Woorde van HOOP:
Hy antwoord voordat ons bid.

Alle regte voorbehou
Back