JOIN OUR MAILING LIST

Search    

07. OP BERGE EN IN DALE (14 Nov 2008)


Woorde van VERTROOSTING:
Al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee,
Ek sal geen onheil vrees nie…
Ek is in daardie dal
Maar ek is nie siek nie
My Pa is siek
Sy doodskaduwee is kanker
My doodskaduwee…
Hierdie skaduwee gooi sy donker kolle verder as wat jy dink
Amper soos koue klammigheid wat oral inkruip
As die son net weer wil skyn;
Die winter donkerte verdryf
BELOFTE:
Hy is die skaduwee aan my regterhand
Eks nie alleen nie
Ons is nie alleen nie
Die son sal weer skyn
Dié dal sal ons nie onderkry nie
Al voel dit of ek kaalvoet oor die Drakensberge loop…
Op berge en in dale…
Hy is die skaduwee aan my regterhand.
PS Onthou!!!

Alle regte voorbehou
Back