JOIN OUR MAILING LIST


Florence Nightingale
'n regte engel!
Ek is nie een nie…
Nie eens 'n verskoning vir 'n verpleegster nie
Ek sou graag wou dink ek kon wees
Maar wrede realiteit verhoed dit
Werklikheid
Hard
Ontnugterend
Ek is nie een nie
Pa trek ongelukkig aan die kortste end

Florence Nightingale
'n onmoontlike standaard!
Vir my altans.
Sukkel om deur die dag te kom
Om die volgende guns te doen
Nog 'n guns of twee…drie
Geen einde aan die behoefte nie

Florence Nightingale
Hoe het jy dit gedoen?
'n onmoontlike standaard.
BELOFTE: Ek is tot alles in staat
HOOP: Hy sal my nie bo my kragte beproef nie
My kragte…as ek dink dis op
Dan is daar nog…nog asem
Dit hou nie op net omdat jy so voel nie
Met elke asemteug gee jy nog 'n tree…twee...drie

Florence Nightingale
Het jy ooit so gevoel?
Geen krag
Nog 'n asemteug
Nog 'n tree…twee…drie

Alle regte voorbehou
Back