JOIN OUR MAILING LIST


Wanneer het jy in my lewe ingekom?
Ek ken jou nie

Eendag was jy net daar
Ongesiens jouself tuis gemaak

Jy lyk soos my Pa
Jy klink soos my Pa

Maar my Pa is weg
In sy plek... 'n vreemdeling

Hy is bang
My Pa het nie 'n bang haar op sy kop nie

Hy is angstig
My Pa is selfversekerd

Hy is selfsugtig
My Pa gee altyd alles

Ons leer om nie met vreemdelinge te praat nie
Maar die vreemdeling bly by my

Hy is my Pa
Hy wil hê ek moet maak asof niks verander het nie

SOUTPILAAR:
Lot moes leer om nie terug te kyk nie

Miskien moet ek leer om vorentoe te kyk
Die verlede vergeet en die hede omhels

All regte voorbehou
Back