JOIN OUR MAILING LIST


Party gaste is onwelkom: kanker
Ander welkom: vriende en familie

Tydens ons kuiertjies met vriende en familie
is daar 'n oomblik van ontvlugting

Kanker hou nie daarvan om saam met
welkom gaste te kuier nie

Hy kruip weg en
ons smaak 'n kort verposing

Tyd is ook 'n gas
Onwelkom en welkom

Uitgerekte lyding
Nog 'n tydjie saam

Welkom gaste het nie altyd tyd nie
So oomblikke van ontvlugting en verposing is soms skaars

Hierdie oomblikke word wel deeglik waardeer
RUS: Na waters waar rus is lei Hy ons heen

Alle regte voorbehou
Back