JOIN OUR MAILING LIST


'n Duisend dankies!
Vir al die lekker kos;
elke koppie tee…met liefde gemaak;
ontbyt in die bed;
elke oggend kuiertjie.

'n Duisend dankies!
Vir bemoedigende woorde;
elke drukkie;
al die onverdiende liefde;
ma se geduldige oor.

'n Duisend dankies!
Vir die versorging van Pa;
al die ekstra doen;
die minder aangename take;
ma se sagte woorde.

'n Duisend dankies!
Vir ma se skouer;
ma se hart;
al die bederf;
ma se voorbeeld.

'n Duisend dankies!
Vir ma se geloof;
ma se keuses;
al die waarsku;
ma se onselfsugtigheid.

Dankie…so ‘n klein woordjie
Sy verantwoordelikheid is enorm
Een woord wat soveel gewig dra
Moet dit nie ligtelik gebruik nie

'n Duisend dankies vir my ma!

Alle regte voorbehou
Back