JOIN OUR MAILING LIST


Stadig op, nog hoër, boontoe
Tot bo-op die kruin
Bietjie vorentoe
Dan af, vinniger en vinniger

Partykeer is daar �n onderstebo draai
Of �n loodreg afgrond
Soms is daar �n steil heuwel
Net soms �n gelyke stuk

Jy word rondgekud soos �n melkskommel
In �n voedselverwerker
Skud, meng, skud, meng
Deurmekaar, tot jy duiselig voel

Jou ewewig word versteur
Jy weet nie meer waar jy is nie
Soos �n blinde tas jy rond
Glad nie vas op jou voete nie

Hang jy onderstebo?
Is jy regop?
Lê jy of val jy?
Draai jy in die rondte?

WOORDE VAN VERTROOSTING
Hy het my voete op �n rots gestel;
Hy het my gange vasgemaak
In Hom is ek geanker�al is my lewe �n malemeule

Alle regte voorbehou
Back