JOIN OUR MAILING LIST


My Pa het toe voete van klei
Ek wil dit nie glo nie
Maar logika sê vir my
Jy kan nie teen die bewyse stry nie

Wat maak ‘n mens nou?
Daar is geen handleiding nie
Ek voel soos ‘n voël in ‘n kou
My vlerke is geknip en ek kan nie vlieg nie

Onthou: hou jou oë op Hom!
Hy belowe ‘n gejuig in die oggend
Hy het nie voete van klei nie
Die begin en die einde

Dan is dit seker reg
Solank Hy ons begin en einde is
Hy is die pottebakker en ons die klei
Alles het hy mooi gemaak op sy tyd

Alle regte voorbehou
Back