JOIN OUR MAILING LIST


Ons gebruik woorde sommer so
�Ek vat �n dag op �n slag!�
Ek dink: Siestog, het iemand jou dalk ontstel?

Ek lees nie tussen die lyne nie
Hoor nie die hulpkrete nie
My gevoelens is verdoof

Nou is �n dag, te lank!
Selfs �n uur strek oneindig voor my uit
�Ek vat �n minuut op �n slag�

Ons wil nie dieper kyk nie
Ons lei aan selektiewe gehoorverlies
Ons loop met harte van klip

Die ironie � selfs �n minuut is nie kort genoeg nie
�n Paar sekondes is genoeg en
my beste bedoelings is na die maan

Vir wat wil jy nie sien nie?
Hoekom luister jy nie?
Hoekom gee jy nie om nie?

Moet jou nie bekommer oor die dag van môre
Môre? Jy speel seker!
Ek sukkel om deur nóu te kom

Is daar iemand wat my raaksien?
Hoor iemand my dalk roep?
Is daar iemand wat dalk �n bietjie omgee?

Woorde GEWAARBORG: In al ons benoudhede was Hy benoud.
Hy is met my, hoekom sal ek vrees?
Ons tye is in Sy hande.

Alle regte voorbehou
Back