JOIN OUR MAILING LIST


Ek verstaan nie
Vrae maal deur my binneste
Vir wíe kan ek vra?
Logika sê daar’s niemand nie.

Hoekom moes dit so gebeur?
Wat ons nie dood maak nie,
maak ons sterk.
Sterk? ‘n Relatiewe begrip.

Vandag voel ek soos my skildery
Ongeskilder en soos niks
‘n Gesig wat in ‘n maalkolk verdwyn
‘n Mond wat uitroep sonder enige klank

Ek verstaan nie
Dis so erg dat ek nie eers my vrae kan pen nie
Waar is U?
Hoekom voel ek so alleen?

Alles werk mee ten goede,
vir hulle wat die Here liefhet?
Het ek Hom nie lief genoeg nie?
Daar is ‘n doel!

‘n Les wat ek moet leer?
Heer wees my genadig!
Wys my wat dit is wat ek moet leer.
Open my oë!

Ek verstaan nie!
Help my!
U is al gedagte wat my staande hou!
My Herder, moet my nie vergeet nie!

Alle regte voorbehou
Back