JOIN OUR MAILING LIST


My linker skouer is seer
Voel asof �n vuis die spiere vashou en druk
Die agterkant van my kop helder met pyn
Weerlig na net reg bo my regteroog

Nou nou sal die pyn in my arm afbrand
Soos �n vulkaan se lawa wat oor die rand vloei
Hou stil...dit sal weer beter word
Môre sal die son weer skyn

As �n mens die stres kon verban
�n Hofbevel kry wat kontak verbied
Gespierde lyfwagte wat dit kan afweer
Hoë mure en dik yster tralies om dit uit te hou

Pynpille moet saam met ander rate gebruik word
Slaap plat op jou rug
Physio oefeninge vir die stres
Ontspan; haal diep asem; gelukkige gedagtes

Sien, dis verplaasde pyn
Spiere in my rug in spasma
Ongelukkig en frustreërd
Asof ek die stres inasem?

Onbewustelik kom dit binne
Ongenooid en onwelkom
Pak bagasie uit en burger in
My verweer �n ronde nul

Te laat kom ek agter
Verblindende hoofpyn
Trane brand agter my oë
Ek is op moedverloor se vlakte

Ruk jou reg!
Sluk jou trane!
Dikgehuilde oë kan nie weggesteek word nie.
Weer opstaan...môre sal die son weer skyn.

Alle regte voorbehou
Back