JOIN OUR MAILING LIST


'n Storm het om my losgebreek
Ek't die waarskuwings ignoreer
Blatant ander pad gekyk
Nou maak die tekens my bang

Groter, nog groter tot amptelik 'n kategorie "5"
Dan om te laat te besef ek moes ontruim het
Maar waarheen sou ek tog gaan?
Daar is nie skuilings van 'n dag oud nie

Nou is skadebeheer al opsie wat oorbly
Sit my masker op
Glimlag, gee voor dat ek sterk is
Ek moet murg in my pype hê!

Maar 'n kategorie "5" se tekens kan jy nie mis nie
Sterk winde wat jou van balans af waai
Reën druppels wat jou vel prik soos naalde
Projektiele wat soos jagters hul prooi soek

TROOS: Al val daar duisend aan jou sy,
na jou sal dit nie aankom nie.
Ek hou my oë op Hom
Dit gaan my verstand tebowe
Maar dis al hulp wat ek nodig het.

Alle regte voorbehou
Back