JOIN OUR MAILING LIST


'n Skielike moegheid het my oorval
Dit pluk-pluk aan die snare van 'n volskaalse kopseer
Suurstof tekort veroorsaak lang gape
Klaas Vakie het duidelik met die tyd deurmekaar geraak

Wat maak 'n mens as jou wil moeg raak?
Dit 'n lang skaduwee trek asof die son ondergaan
Klaas Vakie dis tyd dat jy 'n GPS kry
Jy strooi jou slaapsand op 'n verkeerde plek!

Die strykstok trek strepe van pyn oor my skouer
Altyd 'n sprankie van hoop
Ek ontdek vandag al is jy plat op die vloer,
hou onbelangstelling jou nie op die grond nie

Maar ek hou my oë op Jesus
Gaan nie wegsink in die golf van moeg nie
Klaas Vakie, strooi maar jou sand
Ek hou my oë op Jesus!

Alle regte voorbehou
Back