JOIN OUR MAILING LIST


My brein voel leeg
Amper soos 'n saailand sonder reën
Soos brak water

Daar behoort 'n soort vulstasie te wees
Waar 'n mens weer dit wat leeg is kan opvul
'n Skuur vol voorraad

Maar nou ja
So gelukkig is ons nie
Geen wonderkuur of kits oplossing nie

Boer maak 'n plan
Ek's 'n boer so 'n plan sal ek maak
My voorouers het nie verniet harde klippe gekou nie

My Pa se kanker sal my nie leegtap nie
My koppie is halfpad vol
Daar is hoop!

Woorde van OORVLOED:
En jy sal wees soos 'n fontein
waarvan die water nie teleurstel nie.

Alle regte voorbehou
Back