JOIN OUR MAILING LIST


My lewe is soos 'n sprokiesverhaal
Daar is vreeslik baie om voor dankbaar te wees
Ek het nie Aspoestertjie se stiefsusters gekry nie
Gif in appels is ook nie 'n probleem nie
Daar is 'n wolf, kanker, wat probeer om my huisie om te blaas
Maar, my huisie is van stene gebou

Ek wag nog vir my prins op sy wit perd
Maar vriende en familie het my lief
Die beste Pa en Ma in die wêreld is myne
By die werk is ek geseënd
Goeie base en kollegas wat my ondersteun
'n Beskermengel wat my veilig hou

Mense wat weet sal seker wonder:
'n sprokiesverhaal?
Ja, daar is goeie en ook slegte
Maar die bose wen nooit nie
Die enigste verskil in die verhaal:
ek is 'n Koningskind!

Die Skepper is aan my kant.
Hy het die bose oorwin.
Engele kyk na my op Sy bevel.
Mense wat my seën is geseënd.
Lewe in oorvloed is belowe
Sy genade is genoeg vir my.

Alle regte voorbehou
Back