JOIN OUR MAILING LIST


Wanneer die lewe my rondmaal
Hou Hy my in Sy arms.
Druk my styf teen Sy bors.
Sy arms beskermd om my gevou

In Sy arms
Teen Sy bors

Wanneer my asem opraak
Word Hy my asem
Hy sit heelnag om my te bewaak
Sy hande vou styf oor myne

In Sy arms
Beskermd en veilig

Wanneer my bene onder my swik
Hy hou my regop
Sy ondersteuning nimmereindigend
Hy hou 'n wakenede oog oor my

In Sy arms
Ek is swak; Hy is sterk

Al voel ek gekneus en seer
Moenie moed verloor nie!
Hy vee my trane af
Hy dra my wanneer kragte my faal.

In Sy arms
Hy is oneindig lief vir my.

Wanneer dit voel of ek nie meer kan tree nie
Abba Hy my
Ek is veilig in Sy arms
Sy arms word nooit moeg nie

In Sy arms
Veilig, altyd veilig

Alle regte voorbehou
Back