JOIN OUR MAILING LIST


Elke huis het sy eie binnekring
Spesiale reëls vir buitestaanders
God is goed vir my!
Ek, kan nie kla nie!

Ek is deel van díe binnekring
Daar is nie spesiale reëls vir my nie
Ek voel nie meer welkom nie
Jy is �n teleurstelling

Lidmaatskap van die binnekring is swaar
Ek is jammer vir die honderste keer
Sewentig maal sewe
Vergewe en vergeet

Geloof vir binnekringers is �n probleem
Ek het Pa lief!
Maar Pa kan dit nie glo nie
Als wat ons glo!

Om deel te wees van �n ander binnekring:
WEDERGEBOORTE
Hoekom is daar twyfel?
Waar is geloof?

Binne in �n kring
Veilig of is dit?
Vir nou verkies ek die bekende binne
Al is dit nie altyd maklik nie

Ek wens partykeer ek kon 'n buitestaander wees
Dan was die spesiale reëls vir my
God is goed vir my!
Ek, kan nie kla nie

Alle regte voorbehou
Back