JOIN OUR MAILING LIST


Wanneer mense van kanker praat
Verwys die meeste na 'n Journey
Dit klink onwerklik en ver
Met my sal dit nie gebeur nie

Ondersteuners word selde onthou
Ons besef nie wat dit werklik behels nie
Dit word nie eers 'n gedagte nie
Net 'n onwerklike werklikheid vir iemand

Nou is dit my werklikheid
Eks seker sommiges sal dit as 'n Journey beskryf
Vir my is dit defnitief nie 'n Journey nie,
Eerder 'n frats nagmerrie

Kanker beínvloed meer as wat jy dink
Baie lewens word aangeraak
Letsels word getrek regdeur ondersteuners
Onsigbaar maar tog tasbaar

Tasbaar? Ja, maar nie met vingers nie
Met voel - jou hart voel
Jou verstand voel
Ek voel die pyn in my linker skouer

Dan is daar barmhartige Samaritane
Mense wat bietjie van hulself gee
Onselfsugtig en besorg
Paliative Clinic en Hospice...

Engele wat mens spore trap
Wat die Heer op ons pad gestuur het
Wat die las help verlig
Vir ons laat voel ons is nie heeltemal alleen nie

Die Here is my herder
Hy sorg vir my
Ek is nooit alleen nie
Hy sal jou nie bo jou kragte beproef nie!

Alle regte voorbehou
Back