JOIN OUR MAILING LIST


Gou om advies te gee
Jy loop daarmee te koop
Het jy 'n tree of twee in my skoene geloop?
My skoene is deurgeloop!

Sogenaamde eksperte
Is dit als boekekennis?
Of dalk miskien ervaring?
My skoene, onbekend, wat blase druk!

Wie gee jou die reg?
Goed bedoel of nie!
Al wat ek nodig het is verstaan
My skoene is flenters!

Verstaan - wie verstaan regtig?
Jesus is al een wat verstaan
Woorde van VERTROOSTING - in al my benoudhede was Hy benoud
Hy maak my voete soos die van herte

Hou jou opinie vir jouself!
Goed bedoel of nie!
Ek wil dit nie hoor nie
Het jy dalk vir ‘n oomblik in my skoene gestaan?

Pasop vir onkunde!
Goed bedoelde intensies
Beteken op die ou einde minder as niks
My skoene het in daardie gat al getrap

Woorde van LEWE is wel welkom
Mekaar herhinner wanneer een vergeet
Mediteer LEWE dag en nag
My skoene; bekend; gemaklik.

Alle regte voorbehou
Back