JOIN OUR MAILING LIST


Jy is die dapperste mens wat ek ken
Toe jy hoor jy's opgeroep
Neem jy dapper die wapen op
Na die oorlogsfront sonder om �n oog te knip

Dapper en vol moed!
Marsjeer jy voort
Hoop op vrede
Die beskaam nooit!

Word jy gewond
Staan jy maar net weer op
Geen veldhospitaal
Hier op kanker se oorlogsfront

Van tyd tot tyd wel 'n omgee-pakkie
Vol bederf en lewensnoodsaaklikhede
Krag vir nog 'n dag
Moed vir nog 'n aanval

Kanker Kryger
Dapper en voel moed
Jy het murg in jou pype
Tap bloed uit 'n klip, bloed

Kanker Kryger
Beloning wag by hemelspoort
Dapper en vol moed veg jy voort
Tot blye weersiens!

Alle regte voorbehou
Back