JOIN OUR MAILING LIST


Gun my ook 'n plekkie in die son
Gun my ook om te lag
Om te huil
Om hartseer te wees

Die lewe is nie net maanskyn en rose nie
Nou gun ons nie eens iets vir mekaar nie
Kan nie sien dat ek 'n plekkie in die son het nie
Selfsugtig en ongenaakbaar!

Dit kos jou niks nie
Jy sal nie armer wees nie
Al wat jy nodig het is 'n bietjie verstaan
Wees lief vir jou naaste soos jouself

Saam kan ons dan in die son staan
Ons land is groot met baie plekkies in die son
Ons kan hande vat
Mekaar ondersteun

So word ons sterker
Een man maak mag!
'n Silwer randtjie om my donker wolk
'n Plekkie in die son!

Alle regte voorbehou
Back