JOIN OUR MAILING LIST


My pad is lank en nie gelyk
Daar is baie dorings en voel soos beswyk

Maar Hy gee my krukke
Stutte vir langs die pad

Jy sou nooit kon raai hoe die krukke lyk
Hulle kom in alle kleure, vorms en groottes

Lekker warm bad
Water helend, vloei oor 'n moeë liggaam

Onverwagse oproep
Jou stem sus my gemoed

My snoesige warm bed
Toe oë, droomlose slapies

'n Koppie warm tee
Met elke slukkie ontspan

Drukkies, opreg en gul
Soos 'n bloedoortapping wat versterk

Fliek of 'n boek
Tydmasjien vir 'n oomblik op 'n ander se pad

Sjokolade in my mond gesmelt
Soete genot en goeie vriend

Geleenthede om vir ander te doen
Tydelike amnesia van kanker se hand

SMS helder my foon se skermpie op
Herhinner my dat jy aan my dink

Vriendelike kuiertjies
Oomblikke van verposing saam

Woorde van LEWE
Op papierdun blaaie 'n onwankelbare fondament

Nou het ek vier bene
Klippe uit my pad gerol

Krukke langs my pad
Uit die Vader se hand

Alle regte voorbehou
Back