JOIN OUR MAILING LIST


My ooglede voel swaar
My koppie knik
Was jy vroeg vanoggend daar?
Gewek deur 'n andrenalien skrik

Nou kan ek nie my oë oophou
Nodig ouma Frieda se tien minuut kragslapie
Probeer sjokolade om my wakker te hou
Ek mag nie nou slaap nie

Koppieknik soos 'n voëltjie in 'n koek-koek
Net my tyd vir huistoe kom nie
Koek-koek kondig aan nog 'n uur is soek
Kan nie glo ek wens die tyd om nie

Droom van ogies toe
Op my tweede gunsteling plek in die wêreld
Warm en snoesig onder 'n kombers toe
Ek ruil my slaap vir niks in die wêreld

Nie dat ek veel het om te ruil
Vroeg opstaan en laat gaan slaap
Dis om van te huil
My slaap deur 'n hijacker gekaap

Dankbaar vir klein genades
Die kaper doen net soms sy rondtes
Maar moegheid is vasberade
Elke dag 'n maskerade

Woorde van BELOFTE
Kom na my toe almal wat vermoeid en belas is
Woorde van GENADE
Hy laat my neerlê in groen weivelde waar rus is

Alle regte voorbehou
Back