JOIN OUR MAILING LIST


Hoe gaan dit met jou?
Moenie verkeerd verstaan nie
Die regte antwoord is:
"Dit gaan goed, dankie!"

Jy moet dit oortuigend sê
Maak seker jou masker nommerpas
Jou glimlag moet aan jou oë raak
Anders kyk mense regdeur jou maskerade

'n Masker vir elke geleentheid
Almal het min of meer dieselfde tema
Vriendelik, opgewek en gelukkig

Geen plek vir trane of fronse
Jy moet jou rol oortuigend speel
Die taal van jou liggaam moet pas
Pas by jou woorde

As jy nie ontmasker wil word nie
'n Uitrusting om by elke masker te pas
Helder kleure vir dae wat jy regtig af voel
Formeel vir dae wanneer selfvertroue taan
Ou gunstelinge wanneer krag min is

Goeie vriende kan jy egter nie flous nie
Hulle kyk regdeur jou maskerade
Sien die seerkry en moegheid raak
Hulle weet wanneer om te bid

By Hom hoef ek nie voor te gee
Wanneer ek swak is, is Hy sterk
Geen maskerade is nodig
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het

Alle regte voorbehou
Back