JOIN OUR MAILING LIST


Vandag het ek met jou gesels
En krag geput uit ons gesprek
Jy't vertel van jou situasie
Ek, van myne
Stories so uiteenlopend en tog so eners

Is ons in dieselfde bootjie?
Dit voel net soms of myne stroomop dryf
Kragtige strome voer dit mee
Verby skerp rotse en gevaarlike maalgate
Ek spat nat en verloor my roeispane

Elke dag voorsien Hy krag
Krag vir nog 'n dag
Ongelooflik, as ek terugkyk
Vanoggend nog het ek gedink, 'n kragonderbreking
Nou weet ek, wonderbaarlik ek het dit gemaak

Ek kan maar net op Hom vertrou
Hy is getrou en regverdig
My onuitputlike bron van krag
My nog, my môre
Nog 'n hartklop - kragtig en sterk

Alle regte voorbehou
Back