JOIN OUR MAILING LIST


Ek wens ek kon Jou sien
In oomblikke van belofte: Jy is daar
Wanneer my wil my in die steek laat
En my moed soek raak

Ek wens hy kon Jou sien
Wanneer hy angstig voel
Bang vir die onbekende en alleen
Tydens velle aanslae van die vyand

Ek wens ek kon Jou arms om my voel
Gekoester en veilig
Wanneer Jy my trane afvee
My troos en onderskraag

Ek wens dat Jy in een oomblik sou verskyn
Die vyand 'n pak gee wat hy verdien
Alle spore van kanker verdwyn
Jou vrede wat alle verstand tebowe gaan

Ek wens ek hoef nie meer te huil nie
Vir geloof soos die van 'n mostertsaad
Moed en geduld
Kalmte, rus en vrede

Ek wens dat ek U doel verstaan
Dat lesse my soos 'n handskoen sou pas
Jy instorm en als regmaak
Minder van my en meer van U

Hoor my roep
Luister na my
Antwoord my
Verhoor my

Ek wens met my hele hart
Dat ek U sou behaag
Nie teleurstel of verdwaal
Vrygekoop deur die bloed van die Lam

Alle regte voorbehou
Back