JOIN OUR MAILING LIST


My balans is versteur
Ek weet nie eintlik of ek kom of gaan nie
Voel verlore in die vreemde

Ek staan op my voete
Maar hulle is nie vas op die aarde nie
So asof ek êrens in die ruimte afgelaai is

Leeg en moeg
Dit voel of ek ‘n ewigheid kan slaap
Nie dat dit ooit genoeg sou wees nie

Geen verklaring oor hoekom ek so voel nie
Ek is mens?
Siek en sat vir als

Op 'n dag soos vandag lê my trane vlak
Die geringste kleinigheid trek die sluise oop
Simpel... moenie huil nie

My balans is versteur
My anker het losgeruk
Amper soos virtigo

Geen medisyne om jou beter te laat voel
Net jy en jou kruis
Een voet voor die ander

Sukkel om betyds by die werk te kom
Asof ek verdwaal het
Waar is die pad?

Heer wees my genadig
Woorde van BEMOEDIGING
Sy genade is vir my genoeg

Alle regte voorbehou
Back