JOIN OUR MAILING LIST


Ek het my misgis
Kanker het nie net 'n tassie gepak nie
'n Hele vrag bagasie saamgebring
Nog lelike goed

Naar en opgooi
Minder eet
Deurmekaar
Swakker, swak

Gelukkig het ons die Here
Oorvloedige genade vir ons
Hy los ons nooit alleen nie
Die vyand is verslaan

Blye vooruitsig
Die Hemelpoorte staan oop
Jesus wag met ope arms
Geliefdes en dierbares reeds daar

Kanker jy sal ons nie onderkry
'n Vreemdeling gee wense vir sterkte
Sy ma is ook oorlede
Nog 'n oorwinnaar

Alle regte voorbehou
Back