JOIN OUR MAILING LIST


Laat U wil geskied
My asem is terug
Al wat oorbly is trane
Baie trane... damme vol

Laat U wil geskied
Die benoudheid is weg
Het plek gemaak vir vrede
Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Laat U wil geskied
My hart is seer
Trane brand agter my oë
Pyn in my skouer

Laat U wil geskied
Nie myne nie
U weet die beste
Ek berus my by dit wat U gee

Alle regte voorbehou
Back